Main menu
 

Wie is ons?

iconiconicon

 

Wie sê dit beter as die ouers van oud-leerlinge by Hexrivier Opvoedkundige Sentrum

 

Ons oudste was van die begin af by die Sentrum. Sy is nou ‘n student en dit het reg deur haar skoolloopbaan baie goed gegaan. Sy het by die Sentrum haar voete gevind en kon in die Hoërskool (HTS Drostdy) net van krag tot krag gaan, omdat die basiese vakke soos Afrikaans, Engels en Wiskunde reeds vasgelê was. Sy het nooit ekstra klasse nodig gehad nie en het haar Matriek met ‘n gemiddelde A geslaag. Op sportgebied het sy glad nie teruggestaan vir enige van die groter skole se leerlinge nie. Ons het hierdie jaar ‘n graad 8 leerling (Hoërskool Bloemhof) wat ook baie goed aangepas het. Sy is in ‘n groot skool en het vinnig aangepas in die nuwe roetine.

Lees verder - Ouer getuigskrif

Ek dink dis enige ouer se grootste bekommernis dat sy kind nie in ‘n groot (staatskool) sal aanpas nie.

Ons kan met die grootste vrymoedigheid sê dat ons dogter se aanpassing baie maklik was by haar nuwe skool. Haar grootste aanpassing was om weg te wees van die huis af (maar ek glo dis die geval vir enige kind wat na ‘n koshuis toe gaan). As ek moet dink wat dit makliker gemaak het, moet ek sê, die feit dat hulle in kleiner klasse was by die Sentrum, hou ‘n groot voordeel in dat enige probleem wat opduik, dadelik met alle erns aangepak en uitgesorteer raak, hetsy persoonlik of veral akademies.

Lees verder - Ouer getuigskrif

Met ons dogter gaan dit baie goed in haar nuwe skool. Ons is so dankbaar dat sy so vinnig in die koshuis en in so ‘n groot skool, soos Paarl Gimnasium aangepas het. Sy was nooit oorweldig met die “grootheid” van die skool nie. Volgens haar was die “doop” en nuwe koshuislewe die Beste! Sy het ons wildste verwagtinge oortref en sommer van dag een af haar stempel op akademiese-, sport- en kultuurgebied afgedruk. Sover het sy nog elke kwartaal ‘n posisie beklee in die Top-10 Akademiese Presteerders. Kwartaal 1 beklee sy ‘n 6de plek en Kwartaal 2 skuif sy sommer op in die 2de plek! Ook op sportgebied is sy baie betrokke. Sy was gekies vir die O/14 Top-10 netbalgroep wat tydens die Maart-vakansie gaan deelneem het aan die Klofie-netbalfees in Waterkloof. 

Lees verder - Ouer getuigskrif
Dis met ‘n swaar hart wat ek hierdie brief aan julle rig, daar is ongelukkig nie woorde wat genoeg kan dankie sê vir die liefde, ondersteuning en vriendelikheid wat ek die afgelope vyf jaar ervaar het nie.  Ek het deur hierdie avontuur my kinders en myself beter leer ken en ongelooflike groei in hulle opgemerk, daarvoor kan ek slegs dankie sê aan elke onderwyseres wat deel was van daardie groeiproses.
Ek weet dat Iané volgende jaar met selfvertroue en trots Courtrai Laerskool kan wys dat ons nie terugstaan vir die groter skole nie, en ek kan met trots sê dat dit wat Hexrivier Opvoedkundige Sentrum in haar geinfesteer het, groot vrugte sal afwerp, en gaan ons die toekoms met ‘n geruste hart binne.
 
Lees verder - Ouer getuigskrif

Dit gaan goed met ons dogter (tans in graad 8) in HTS Drostdy – akademies en sosiaal. Vir my hang dit maar baie af van ‘n kind se persoonlikheid. Ons kind hou van sosiaal wees, so sy het baie goed aangepas (is nie oorweldig deur die groot groep kinders nie). Akademies gaan dit ook goed.

 

Terug na Getuigskrifte

HOS lyn

Vendutiekraal, Hexrivier
t: 023 354 8800
e: info@hexriviersentrum.co.za