Main menu
 

Wie is ons?

iconiconicon

 

Ons oudste was van die begin af by die Sentrum. Sy is nou ‘n student en dit het reg deur haar skoolloopbaan baie goed gegaan. Sy het by die Sentrum haar voete gevind en kon in die Hoërskool (HTS Drostdy) net van krag tot krag gaan, omdat die basiese vakke soos Afrikaans, Engels en Wiskunde reeds vasgelê was. Sy het nooit ekstra klasse nodig gehad nie en het haar Matriek met ‘n gemiddelde A geslaag. Op sportgebied het sy glad nie teruggestaan vir enige van die groter skole se leerlinge nie. Ons het hierdie jaar ‘n graad 8 leerling (Hoërskool Bloemhof) wat ook baie goed aangepas het. Sy is in ‘n groot skool en het vinnig aangepas in die nuwe roetine.

Sy ondervind geen probleem met die akademiese-aanpassing nie en is op die skool se ranglys van toppresteerders. Sy het met selfvertroue in die groter klasse aangepas.

 

Terug na Getuigskrifte

HOS

Vendutiekraal, Hexrivier

t: 023 354 8800
e: info@hexriviersentrum.co.za