Main menu
 

Wie is ons?

iconiconicon

 

Ek dink dis enige ouer se grootste bekommernis dat sy kind nie in ‘n groot (staatskool) sal aanpas nie.

Ons kan met die grootste vrymoedigheid sê dat ons dogter se aanpassing baie maklik was by haar nuwe skool. Haar grootste aanpassing was om weg te wees van die huis af (maar ek glo dis die geval vir enige kind wat na ‘n koshuis toe gaan). As ek moet dink wat dit makliker gemaak het, moet ek sê, die feit dat hulle in kleiner klasse was by die Sentrum, hou ‘n groot voordeel in dat enige probleem wat opduik, dadelik met alle erns aangepak en uitgesorteer raak, hetsy persoonlik of veral akademies.

Die kleiner klas gee ook die kind die vrymoedigheid om te vra as hulle nie verstaan nie. Hulle leer dus vroeg om te kan vra … tot hulle verstaan, waar hulle dalk minder selfvertroue sou hê tussen ‘n groot groep en die probleem nooit aangespreek word nie.

Sy het maklik die werkslading hanteer by Girls High en ek dink omdat die werk meer in detail by die Sentrum hanteer is en haakplekke uitsorteer is, het haar selfvertroue gegee met haar skoolwerk.

Omdat die Sentrum se sportbyeenkomste ook tussen baie skole plaasvind, het sy reeds van die kinders geken en het die massas kinders haar nie gepla nie.

 

Terug na Getuigskrifte

 

 

HOS

Vendutiekraal, Hexrivier

t: 023 354 8800
e: info@hexriviersentrum.co.za