Main menu
 

Wie is ons?

iconiconicon

 
Dis met ‘n swaar hart wat ek hierdie brief aan julle rig, daar is ongelukkig nie woorde wat genoeg kan dankie sê vir die liefde, ondersteuning en vriendelikheid wat ek die afgelope vyf jaar ervaar het nie.  Ek het deur hierdie avontuur my kinders en myself beter leer ken en ongelooflike groei in hulle opgemerk, daarvoor kan ek slegs dankie sê aan elke onderwyseres wat deel was van daardie groeiproses.
Ek weet dat Iané volgende jaar met selfvertroue en trots Courtrai Laerskool kan wys dat ons nie terugstaan vir die groter skole nie, en ek kan met trots sê dat dit wat Hexrivier Opvoedkundige Sentrum in haar geinfesteer het, groot vrugte sal afwerp, en gaan ons die toekoms met ‘n geruste hart binne.
 

Aan elke ouer wat dit oorweeg om hulle kinders weg te neem uit HOS uit, wil ek sê, dink weer, die persoonlike aandag, Geloof en liefde wat die kinders hier ontvang, kan mens nie verruil vir 28/30 kinders in die klas nie, dan praat ons nie eens van die kwaliteit van die akademie nie. Is die kinders se emosionele kant nie belangriker as sport nie? Glo my, ek het die gelyke gaan soek en baie laerskole besoek en dit nie gevind nie.

Ek self het in die tyd baie mensekennis opgedoen wat my net sterker laat, selfs uit die minder goeie ding, het ek iets geleer. Elke ervaring was ‘n leerervaring en kon ek net groei.

Aan die ouers wil ek dankie sê dat ek kon deel wees van hulle kinders se leerervaring en sal vir altyd dit koester wat ek by hulle geleer het.

Weereens baie dankie dat ons die lekker deel van die Vallei kon ervaar!

Sterkte aan die skool en sy personeel. Hou aan met die wonderlike werk, en onthou altyd die blywende indruk wat julle op elke kindjie maak. (lees weer Stompie se parfuumstorie as julle bietjie vergeet!!!)

Mag julle van krag tot krag gaan! Ons gaan kom vir die saal se opening 

 

Hiermee sê ons nie totsiens nie, maar tot weersiens.

Julle moet vir ons kom kuier in Simondium!!!!

Corzelle, Iané en Ricka-Mari

 

Terug na Getuigskrifte

 

HOS

Vendutiekraal, Hexrivier

t: 023 354 8800
e: info@hexriviersentrum.co.za